Validation Header

Validation desc

R 10 250 Per Month | 1 Bedroom House to Rent in Kleinfontein AH

Pretoria, Kleinfontein AH

1 1 2
Erf Size: 350 m²

Pragtige 1-Slaapkamer Meenthuis Te huur in Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp net buite Pretoria.

Is jy moeg vir die lewe in die Stad? Kom bly in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.

Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.

Hierdie pragtige woning wat geleë is in die baie gesogte Bokmakierie Straat in Kleinfontein bied die volgende: 1 X slaapkamer, 1 X badkamer, 1 X oopplan leefarea, 'n klein tuintjie voor en agter, 1 X toesluitmotorhuis en 1 X afdak.

Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.

Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema.

Volgens Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika.

In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit.

Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”

MEER INFORMASIE OOR AANDELEBLOKSKEMAS (WIKIPEDIA)

Wat is ‘n Aandeleblokskema?

'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika.

In 'n aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit.

Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.

Geskiedenis:

Aandeleblokskemas is in die 1970s en 1980s ontwikkel en is gereguleer met die Wet op die Beheer van Aandeleblokskemas, wet 59 van 1980.

Die doel is om die ontwikkeling van gedeelde eiendom te vergemaklik, aangesien die ontwikkeling van gedeelde eiendom in 'n deeltitelskema moeiliker was.

Voordele van 'n aandeleblokskema:

Aandeleblokskemas word veral gebruik om die eienaarskap van woonstelle in woonstelblokke te reël.

Soms word aandeleblokskemas ook gebruik om die eienaarskap van landgoedere, privaat dorpe of sekuriteitskomplekse te reël.

Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.

Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein.

Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.

Kom kuier gerus vir ons in Kleinfontein!


Property Overview

Listing Number
115937935
Type of Property
House
Description
Freestanding
Lifestyle
Complex, Country Living, Estate, Security Complex, Security Estate
Occupation Date
06 May 2025
Lease Period
12
Erf Size
350 m²
Floor Area
120 m²
Age
6
Pets Allowed
No
Furnished
No
Coverage
34 %
Zoning
Single Residential

Rooms

Bedroom
1
Bathroom
1
Kitchen
1

External Features

Garage
1
Parking
1
Garden
1

Building

Standalone Building
Yes
Solar
Solar Panels, Solar Geyser
Backup Water
Water Tank
Backup Power
Backup Battery / Inverter

Other Features

Security
1
Security 1
24 Hour Access


Contact AgentWeb Ref 115937935

Send Agent a Message

A message will be sent to the Agent on your behalf.

By continuing I understand and agree with our Terms & Conditions and Privacy Policy.

Agency

Agency profile logo

Agents

Gustav Kriel
View Agent's Properties

Print Print

Latest Listings


  • 4 Bedroom House to Rent in Kleinfontein AH, Pretoria
    R 27 500

  • 1 Bedroom House to Rent in Kleinfontein AH, Pretoria
    R 10 250

  • 4 Bedroom House to Rent in Murrayfield, Pretoria
    R 30 000

  • 1 Bedroom Apartment / Flat to Rent in Hillcrest, Pretoria
    R 7 500

  • 3 Bedroom House to Rent in Faerie Glen, Pretoria
    R 14 000

Send

:
Remember Me?
Forgot your password?
Don't have an account?Register now
By continuing I understand and agree with our Terms & Conditions and Privacy Policy.